Global Running News  Global Running News
Injuries and Treatment  Injuries
Nutrition Information  Nutrition
Running Training Information  Training
Running Information Forums  Forums

   Running Information      USA Running      Running South Africa      Running New Zealand      Running UK      Running Ireland      Running Ireland      Carrera española      Deutsch Laufzeit      Copenhagen Marathon      Suomen Juoksu      Sverige Löpning      Tel Aviv Marathon      Running Australia      Running Kenya      Running Europe      Running Malta      Running Namibia

Two Oceans wedloop – n Familie avontuur

Two Oceans Avontuur

Two Oceans – Dit is Paas naweek en vir n hardloper beteken dit dat dit tyd is vir die 2 Oseane Marathon. Ons hele familie neem deel hierdie naweek, so almal is opgewonde en dis ook n naweek van eerstes . . . My vrou, Adele en my dogter, Mia doen vir die eerste keer in hulle lewe die 2 Oseane “Fun run” wat 5,6km lank is en ek doen vir die eerste keer, in my 37 jaar van hardloop, die 56km wedloop.

2 Oseane Marathon 2018 – n Familie avontuur

Gearriveer per vliegtuig van Johannesburg af, maak ons dadelik ons weg na die 2 Oseane Marathon “Expo” toe sodat ons ons vooraf inskrywings kan finaliseer en ons wedloop nommers en “goodie-bags” kan kry . . . daar is so baie mense en die atmosfeer is energiek en n hardloper se droom want jy weet almal is daar as gevolg van een ding . . . hardloop! Nadat die registrasie so n klein bietjie lank geneem het en seker n bietjie langer gevoel het want jy wil eintlik net by al die 2 Oseane Marathon items en ook al die hardloop dinge wat te koop is reg langs die registrasie area uitkom!

3 ure later en ons is klaar “ge-shop” by die “expo” en oppad na ons verblyf in die Strand wat so 30min. weg is vanaf die 2 Oseane gebeure by die Universiteit van Kaapstad wat die Vrydag en Saterdag plaasvind. Na die kolleksie van ons wedloop nommers en al die hardloop “goodies” aankope, is ons nog meer opgewonde en so reg as wat kan wees vir Vrydag (more) vir die fun run. Die weer voorspelling bring n tyding van reen vir more oggend maar dis reg so . . . niks gaan ons weg hou van die 5.6km fun run wat ons al drie gaan saam gaan doen en dit is n baie spesiale gebeurtenis vir ons om dit saam te kan doen.

Dis Vrydag oggend en ja, dit reen baie liggies . . . n tipiese Kaapse mot reen . . .Niks kan ons uitsien na die okasie demper nie. Die “fun run” begin 11 uur die oggend,na die “nappie-dash” en die toddlers’ trot. Dis wonderlik om so baie mense,jonk en oud, te sien wat gaan deelneem aan die fun run ten spyte van die reen.Toekomstige half en vol marathon deelnemers word hier “gebore”.

Die roete maak sy weg deur die universiteits gronde en ons geniet ons terdee! Dan sien ons dat ons dielaaste sowat 2km op die2 Oseane Marathon roete gaan doen asook eindig by die 2 Oseane Marathon einde. Dis werklik spesiaal en n oomblik om vir altyd teonthou! By die einde kry onsons medaljes en ek is so bly my vrou en dogter kan ook hulle eie 2 Oseane medaljes wen en die glimlag in hulle oe spreuk boekdele van blydskap . . .

Die fokus verskuif na die Saterdag . . . Dis marathon tyd en my tyd om my voorbereiding en huidige hardloop vorm te toets oor die 56km afstand en oor n roete wat ek goed van weet maar wat my hardloop denke en bene nog moet leer ken . . . Min slaap die Vrydag aand en baie vroeg opstaan die Saterdag oggend, 02H30, is die “orde van die dag”. Ons is so 4 uur by die Universiteit van Kaapstad omgewing en ek vind parkering by n parkeer plekkie wat baie naby aan die einde van die marathon is, wat op die Universiteit van Kaapstad se rugby velde is.

Dis koelerig buite en die windjie maar seker ons voel sy byt. In die donker van die vroee oggend ure maak die hardlopers en ondersteuners hulle weg na Main rd. toe . . . die wegspring plek vir die 2 Oseane Marathon asook die half-marathon (21.1km) en die begin van n avontuur wat my baie nuwe hardloop ervaringe gaan leer oor die volgende 5uur en 30min, wat my doelwit tyd is vir die 56km.   volgende

Sien die 2de in die artikels van Ethiene Marais se Two Oceans 2018 – Two Oceans – My Wedloop Ervaring

soos geskryf deur Ethiene Marais

Speak Your Mind

*