Global Running News  Global Running News
Injuries and Treatment  Injuries
Nutrition Information  Nutrition
Running Training Information  Training
Running Information Forums  Forums

   Running Information      USA Running      Running South Africa      Running New Zealand      Running UK      Running Ireland      Running Ireland      Carrera española      Deutsch Laufzeit      Copenhagen Marathon      Suomen Juoksu      Sverige Löpning      Tel Aviv Marathon      Running Australia      Running Kenya      Running Europe      Running Malta      Running Namibia

Two Oceans – My Wedloop Ervaring

Hout Bay -Two Oceans

Two Oceans – Die begin area se “runners-aura” voel ek onmiddelik aan by ons aankoms in Main rd. en al die hardlopers se “chatter” van verwagting en opwinding is aansteeklik . . . Ek groet my vrou en dogter met die wete in my hart dat, kom wat wil, ek hulle later die oggend weer sal sien . . . by die eindpunt.

Dit is die 2de in die artikels van Ethiene Marais se Two Oceans 2018 familie ervaring

Two Oceans – My Wedloop Ervaring

Ek maak my weg na my C-groep “seeding” blok. Dis nog n goeie 45 minute voor die wedloop begin en ek hou my besig met ligte strek oefeninge enluister na hardloop stories van die hardlopers om my. Die aankondiger maakseker dat al ons hardlopers “gemakliker” oor die werk watvoorle voel met baie positiewe woorde en aanmoediging oor sy megafoon . . . Shozaloza se gesing begin. . . dan sing ons die lands lied . . . dis amper 06h30 . . . die vishoring blaas.n Laaste reg skuif van die hardloop kep en brille. Hardloop skoen veters is reg vas . . . die laaste 10 sekondesword afgetel . . . Die klein kanon word gevuur en die wedloopklok begin!

Ek maak seker dat ek myself by die sub 5 ure “bus” aansluit sodat ek n gesonde hardloop tempo aan die gang kan kry in my bene. Die ondersteuning so vroeg in die oggend is ongelooflik. Ek hoor net die heeltyd mense wat hande klap en aanmoediging uitlaat. Ek love dit maar moet kop hou om nie nou vinniger as die 5 ure bus te wil hardloop nie al voel ek “lig” op my voete. Die eerste 15km gaan vinnig verby en voor ons sien is ons in Muizenberg. Die Suid-Ooster wind maak meer en meer sy teenwoordigheid duidelik en ek probeer “wegkruip” agter die 5 ure bus van hardlopers sodat ek nie so hard teen die wind hoef te werk nie wat help dat ek energie spaar en elke bietjie help vir die werk wat nog voorle.

Ons hardloop nou teen net onder 5 minute per km deur Muizenberg en St. James; in Fish Hoek in en bereik die 21km merk in ongeveer 1h48min. Die ondersteuning is nogsteeds om van hoendervleis te kry! Ek wonder of ek dalk nie te hard hardloop op hierdie vroee stadium nie, maar ek voel goed en in beheer en weet ek het nodig om so n bietjie van n tyd “kussing” op te bou sodat ek dit kan gebruik as ek dit nodig het teen die opdraandes wat nog kom.

Van Sunvalley aan tot Chapman’s Peak

Ek skuif my fokus nou na die Sunvalley area toe, 26km tot 28km en ek weet dis waar die heuwels gaan begin en waar ek vinnig sal agter kom wat ek van myself sal moet verwag vir die res van die tog einde toe. Ek laat die 5 uur bus gaan want hulle druk die tempo nou n bietjie meer as wat ek voel “veilig” is vir my. Ek is nou op my eie, al is daar mense om my op die pad maar dit is ok . . . my wedloop met myself en my mindset . . . die 5 uur bus het hulle deel gedoen vir my wat ek nodig gehad het . . . n goeie “tyd kussing” is behaal.

Die aanvanklike skerp heuwel wat die rofweg 4 to 5km klim na Chapman’s Peak inlui vat aan my bene en ek besef dat ek hierdie fase baie versigtig moet behandel sodat ek nie my bene vernietig nie. My strategie . . . gereelde en kort loop breuke teen die lang en kronkelende “Chappies” heuwel op. Soos ek nader aan Chapman’s Peak en 33km beweeg begin ek voel ek het probleme. My bene voel te styf en ek is ongemaklik. My mindset begin struktuur verloor maar ek kry myself om Chapmans Peak met 3 ure op my stop horlosie te bereik.

Dis nou 5km afdraand tot in Houtbaai . . . Dit klink wonderlik na al die opdraand maar is nie . . . My bobeen spiere het in spasma gegaan en ek is in groot moeilikheid . . . Ek loop meer as wat ek wil maar hardloop, al is dit stadig, is seer en die skuins dele van die pad maak dinge net erger . . . negatiewe gedagtes vloei vrylik in my gedagte gang in . . . ek kan sien hoe my 5 uur 30 min doelwit voor my oe weg kwyn. Weer probeer ek myself aan die gang kry en weer en weer. Ek begin dink aan sub 6 ure endan ook sub 7 ure . . . ek is teleurgesteld . . . vir my en my gesin . . . hulle verwag my by die einde in onder 5 uur 30 min . . . ek verwag dit van myself . . . al weet ek my voorbereiding het nog n paar weke nodig gehad.

Amper in Houtbaai en ek kan hoor hoe “cheer” die toeskouers die hardlopers aan. Ek sort my mindset uit en probeer weer n bietjie “shuffle” en my bene voel wonderbaarlik n bietjie beter . . . moet al die skiet gebede wat ek teen die lang afdraande opgese het wees . . . ok . . . die doelwit , 42km merk in onder 4 ure . . . Ek sal nie opgee nie en ek kan en gaan 5uur 30min doen! Die mense by die water tafels is wonderlik en so behulpsaam en aanmoedigend. Dis ons sport, hardloop, wat mense van alle “walks-of-life” so by mekaar bring . . . Ek love hierdie sport wat hardloop is!

Deur Houtbaai en ek is weer goed aan die gang. Bietjie stadiger kilometer “splits” maar nogsteeds tussen 5min30sek en 6min per kilometer wat my in 3ure 55minute by die 42km merk bring.

I made it to here! se ek vir myself . . . Well done Ethiene! . . . Nou nog net Konstantia Nek en dan eind streep toe. Jy kan dit doen Ethiene! Manage nou net jou gemiddelde spoed teen die bult op tot by Konstantia Nek en sit die werk in, al is jy moeg en seer .

. . Dit sal die moeite werd wees . . .

oppad na Konstantia Nek

Die pad raak styler en styler oppad na Konstantia Nek en ek loop baie kort stukkies maar hardloop meeste van die bult om seker te maak ek los nie teveel werk vir myself in die laaste 9km nie. By Konstantia Nek en by “single figures” oor (minder as 10km om te gaan). Ek is moeg en bobene is seer maar ek het net een keuse en dit is “maak dit in 5 uur 30 min”, so jy sal aanhou hardloop Ethiene.

Ek besef weer hoe die toeskouers ons “op hulle hande dra” langs die pad met hulle aanmoediging en dit maak n ongelooflike positiewe verskil! Kirstenbosch water tafel en omtrent 5km om te gaan! Amper daar en ek begin besef dat ek my goaltyd gaan maak maar moet nogsteeds konsentreer en my spoed beheer en my gedagtes bymekaar hou.

Ek het n bietjie van n glimlag alreeds en hardloop selfs n bietjie vinniger.

Kilometer vir kilometer hardloop ek. Niks om my maak nou saak nie. Ek moet net by die einde kom. Links in Union weg. Omtrent 3km om te gaan. Amper daar. Hou net aan hardloop. Die “klein” bultjie net wanneer ons links draai in Union weg voel soos n baie styl bult, maar byt vas en dis gou verby. 2km om te gaan. So baie mense cheer ons aan nogsteeds . . . hulle is amazing! Rhodes drive . . . 1km om te gaan . . .

Ek swaai links af einde toe. By die kort steil afrdaande af. Op die gras en sub 5 ure 30 min is in sig!

What a complete feeling!

Ek sien die offisiele stophorlosie en die tyd gaan 5 ure 22 min wees! Ek slaan die lug met my regterhand se vuis uit pure verligting, dankbaarheid en plesier. Ek het dit gedoen! Ek en my familie het dit gedoen! Dankie Here!

Ek kry my brons medalje en dit verteenwoordig so baie vir my. . . Vasbyt, trots, geluk, veg gees, spanwerk . . . n “never-say-die attitude” . . . vertroue in my Hemelse Vader.

Ek sien my dogter en dan my vrou en skreeu “Yes!” met my arms omhoog. Ek is bly vir my, bly vir hulle en hulle is bly om my veilig terug te sien by die einde.

Ek is tevrede . . . n wonderlike familie avontuur . . . Hardloop in my bloed vir altyd.

Die 2 Oseane Marathon sal ons weer sien.

soos geskryf deur Ethiene Marais

verlede . sien Die 1ste in die artikels van Ethiene Marais se Two Oceans 2018 familie ervaring

Speak Your Mind

*